Daniel Craig se goeie vriend Mark Strong sê hy gaan nie meer James Bond speel nie.

Volgens Mark (52) voel Daniel (47) hy het alles gedoen wat hy kon met die rol en hy is gereed om nuwe projekte aan te pak. Mark is nie seker hy kan hom andersins oortuig nie.

Lees ook: Dapper kankerlyertjie skitter op New Yorkse modeplank

Mark het dié inligting laat uitglip toe die Britse tydskrif Shortlist hom vra of hy ’n Bond-skurk sou wou speel. “Weet jy, ek sou dit geniet het om die skurk in ’n Bond-fliek te speel terwyl Daniel daarin speel, want hy’s ’n pel en dit sou wonderlik wees. Maar ek dink sy tyd met Bond is verby en dit gaan waarskynlik nooit gebeur nie, maar dit sou wonderlik gewees het. Hy was wonderlik daarin en mal daaroor. Maar ek dink hy voel hy het gedoen wat hy wou met die rol. Hy het daardie punt bereik.”

Mark het gesê hy sou probeer om Daniel te oorreed om nog een keer Bond te speel, maar hy reken nog een is onwaarskynlik, “want daar is magte groter as ons wat al hierdie besluite maak”.

Mark se opmerkings kom kort nadat Daniel se woordvoerder gerugte ontken het dat hy die franhcise verlaat vir ’n rol in die televisiereeks Purity. Die woordvoerder het aan digitalspy.com gesê Daniel het nog nie ’n besluit oor sy toekoms as Bond gemaak nie.

Daniel het vir omstredenheid gesorg toe hy in Oktober in ’n onderhoud sê hy sou eerder “hierdie glas breek en my polse daarmee sny” as om in nog ’n 007-fliek te verskyn.

Lees ook: Studente van alle rasse bid saam by Tuks

“Ons is klaar. Al wat ek wil doen, is om aan te gaan met ons lewe. Ek wil vir minstens ’n jaar of twee nie daaraan dink nie. Ek weet nie wat die volgende stap is nie. Ek het geen benul nie. Ek probeer nie geheimsinnig wees nie, maar wie weet wat gaan gebeur? Ek’s nie op die oomblik in besprekings met enigeen oor enigiets nie. As ons nog ’n Bond-fliek sou doen, sou dit net vir die geld wees.”

Hy het agterna beweer hy was maar net ligsinnig toe hy dié opmerking gemaak het.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Het jy sonde met die bure? Hier’s raad

Afrikaanse sangeres sterk aan ná groot knieoperasie

Wat jy alles moet weet oor meningitis-uitbreking op Mosselbaai

’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80