Daar is glo ’n witwarm vonk tussen Charlize Theron en Luke Grimes.

Die Monster-aktrise het glo die afgelope maand in Hollywood flankeer met die 29-jarige akteur wat onlangs ’n rol in die Fifty Shades of Grey-rolprente losgeslaan het.

’n Bron het aan die tydskrif Life and Style gesê: “Sy het in ’n stadium haar hand op sy knie gesit. Charlize het hom toe verleidelik tot op die dansbaan gelei en hy het sy arm om haar middel gesit.”

Die twee het glo aan die einde van die aand telefoonnommers uitgeruil.

Luke sal Elliot Grey vertolk in die aanpassing van die erotiese riller speel teenoor Jamie Dornan, wat die hoofkarakter, Christian Grey, sal vertolk.

Jamie het Luke onlangs by die produksie verwelkom deur te twiet: “Hou julle hande tuis, dames . . . ons man is hier. Welkom #TeamFifty @JamieDornan1.”

Charlize (38) het haar verlowing met die Ierse akteur Stuart Townsend in 2010 verbreek. Hulle was nege jaar saam.

Die ster is intussen romanties met Keanu Reeves verbind. Sy het ook die afgelope maand saam met ’n onbekende man in Los Angeles middagete geëet.

Charlize, wat haar seun, Jackson, verlede jaar aangeneem het, het voorheen oor enkelouerskap gesê: “Weet jy, ek dink nie enige ma strewe daarna om ’n enkelma te wees nie.

“Ek het nie daarvoor gewens nie, maar dit het gebeur. Ek het altyd geweet ek sou aanneem. Altyd.”