Die studie is onlangs by die Institute of Psychiatric Research in New York gedoen, en daar is bevind dat daar dramatiese veranderinge in die senuweestelsel is wanneer estrogeenvlakke wissel, soos tydens puberteit, menopouse of net nadat jy gekraam het.

Dr. Elliot Shevel van The Headache Clinic in Kaapstad, Johannesburg en Durban verduidelik dat ’n stel are in die navorsing die verband tussen migraine en wisselende hormoonvlakke toon. “Estrogeen werk direk op die strukture van die brein in. Die studie kon die verband tussen wisselende estrogeenvlakke en die sentrale senuweestelsel presies uitwys.”

Die goeie nuus is dat die studie ook getoon het dat vroue wat met migraine sukkel ’n laer risiko vir borskanker het. Een van die moontlike verduidelikings daarvoor is dat migraine-lyers minder geneig is om mondelinge voorbehoedmiddels en alkohol te gebruik, wat moontlike oorsake van borskanker is, sê dr. Shevel.

As jy vermoed jy het hulp nodig met hoofpyn of migraine moet jy dadelik hulp soek – maak vandag ’n afspraak met jou dokter.

Besoek theheadacheclinic.net vir nog inligting oor migraine.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.