Parahyaena_brunnea_3

Gebruikers was eers skepties of dit regtig ’n hiëna is:

https://twitter.com/colinbraude/status/383108603738996736

https://twitter.com/JamiePoultney/status/383092376627318784

Daar was volop grappe, en iemand het selfs ’n Twitter-rekening vir die dier geopen:

https://twitter.com/mattclayton89/status/383107463803060226

https://twitter.com/JoziHyena/status/383115960514650112

Een man het eindelik daarin geslaag om die dier in die omgewing van die Randburgse burgersentrum af te neem.

https://twitter.com/702JohnRobbie/status/383107768967634944

Die foto wys duidelik die dier is ’n strandwolf, die skaarsste van die spesie. Soos die meer bekende gevlekte hiëna, het die strandwolf ’n sterk, gespierde nek en skouers, en bene wat minder ontwikkel is. Hulle dek wye gebiede op soek na kos, en kan binne ’n nag tot 40 km loop. Hulle is aasvreters, en sal omtrent enigiets eet wat hulle kry, van insekte en vrugte tot soogdiere. Hierdie aasvreters is aggressief, en het al jakkalse, jagluiperds en luiperds vir kos gedood. Ten spyte hiervan is hulle swak jagters en lewende prooi maak ’n klein deel van hul dieet uit. Net gevlekte en gestreepte hiënas het al mense aangeval.

Beamptes van die Johannesburgse dieretuin en dierebeskermingsvereniging het eindelik die hiëna verdoof in Blairgowrie, Randburg. Die dierebeskermingsvereniging sê hulle is van plan om die dier in die natuur vry te laat.

https://twitter.com/ewnupdates/status/383135170066259968

https://twitter.com/ewnupdates/status/383133469032722432

-         Kirstin Buick

Bronne: strandwolf.org, mg.co.za, ewn.co.za