“Ek en Amber het jare gelede uitgegaan, maar ons is nog goed bevriend,” het die Just My Luck-akteur Mark Wystrach aan In Touch Weekly gesê. “Sy is beslis swanger! Ek het haar drie weke gelede gesien.”

Die 50-jarige ster van Pirates of the Caribbean en sy 27-jarige meisie is al van 2012 af saam.

Johnny het onlangs in ’n onderhoud ontken dat hy en Amber verloof geraak het omdat sy swanger is.

As sy wel verwag, sal dit die akteur se derde kind wees.

Hy het ’n 14-jarige dogter, Lily-Rose, en ’n 11-jarige seun, Jack, by sy vorige meisie, die Franse sangeres en aktrise Vanessa Paradis (41).

Johnny en Vanessa was tot twee jaar gelede 14 jaar lank in ’n verhouding.

Kom ons hoop hy kry nie koue voete nie!

BRONNE: THEHOLLYWOODGOSSIP.COM, INTOUCHWEEKLY.COM, USMAGAZINE.COM