Terwyl ouboet Brooklyn (17) model speel, meisies lam in die knieë laat en ook besig is om as 'n talentvolle fotograaf te ontpop, fokus Romeo (14) tot die aanvanklike teleurstelling van pa David nie op sokker nie, maar eerder op modelleerwerk, tennis, yskaats en dans. Nou lyk dit of kleinboet Cruz (11) ten minste vir eers in sy ma se musikale voetspore gaan volg en dat die mikrofoon sy passie in die lewe is. Hy het so pas op 16 Desember sy eerste musiekvideo vrygestel. Die video, getiteld If Every Day Was Christmas, word tot dusver gunstig ontvang. Cruz het dit boonop 'n ware familie-geleentheid gemaak. Sy twee broers en sy sussie verskyn ook in die musiekvideo.

Scooter Braun, die meesterbrein wat Justin Bieber se sukses sou orkestreer het, het glo nou ook die jong Cruz onder sy vlerk geneem. Boonop is Justin ook glo gek oor Cruz se weergawe van Home to Mama wat Victoria op Twitter gedeel het.
Só het die jongste Becks-boetie reageer toe hy sy eie liedjie vir die eerste keer oor die radio hoor speel.
Pa David is egter vasbeslote dat musiek nie Cruz se skoolloopbaan in die wiele gaan ry nie. "Ons het sowat nege maande gelede besef Cruz het 'n oulike stemmetjie en toe Scooter, 'n vriend van die familie, sê ons moet hom na hom toe neem om uit te vind of hy van sang hou, het ons dit gedoen." "Daar's net mooi niks meer as bloot net 'n liefdadigheids-enkelsnit op die oomblik nie," het David gesê.

Tydens 'n besoek aan die Londense radiostasie Capital FM het Cruz dit as ongelooflik bestempel. "Dis twee van my gunsteling goed — om te sing en Kersfees — en dis ongelooflik om die twee te kombineer en die geld vir liefdadigheid te gee." Die inkomste wat deur Cruz se feestyd-liedjie genereer word, gaan net so aan 'n liefdadigheidsorganisasie Global's Make Some Noise oorbetaal word. "Hy's 11 jaar oud, hy's steeds op skool, hy fokus op skool, dis die belangrikste. Hy wou iets 'terugploeg' en daarom het hy hierdie verstommende Kersliedjie gedoen wat baie aandag getrek het."

Riding with my dad today in the park ?

A photo posted by Cruz Beckham (@cruzbeckham) on

Intussen word die vyfjarige Harper beskou as die een wat net mooi goed in alles is. Sy kan al 'n deuntjie op die klavier tokkel, hou van skilder, help graag haar ma, beskik glo ook oor 'n stewige mode-aanslag en ry graag perd.

Bronne: cover.com, people.com, news.com.au