’n Woordvoerder vir Cher het poniepers-berigte ontken dat die superster aan ’n ernstige siekte ly. Luidens berigte Maandag op RadarOnline het die Believe-sangeres glo “omstrede stamselbehandeling” ondergaan om die Epstein-Barr-virus, ’n vorm van herpes, te beveg. Dit het haar na bewering op die “randjie van die dood” gelaat.

A photo posted by Cher (@cher) on

Bronne het aan die nuusdraer gesê die “aggressiewe” eksperimentele mediese prosedure het die lewe van die 70-jarige Cher gered, maar het ’n “vreeslike tol” geëis ten opsigte van haar voorkoms. Cher se woordvoerder het intussen die ongegronde bewerings in ’n verklaring ontken wat aan GossipCop.com uitgereik is. Die woordvoerder het daarna Cher se jongste bedrywighede opgenoem en te kenne gegee dat indien sy werklik so siek was, sy nie meer die soort stralerjakkerleefstyl sou kon handhaaf nie.

A photo posted by Cher (@cher) on
“Sy was onlangs in die suide van Frankryk met vakansie, was verlede week op die verhoog om saam met haar vriend Michael McDonald in The Greek in L.A. op te tree, het TED-praatjies bygewoon, begin die volgende twee weke veldtogte aan die Ooskus vir Hillary Clinton (en) begin aan ’n nuwe album werk,” skryf die woordvoerder. “Ons behoort almal haar stamina te hê.” Cher het nie juis weggekruip tydens die bespiegelings oor haar kwynende gesondheid nie – dit is bekend dat sy kontak hou met haar aanhangers deur Twitter en sy het herhaaldelik die platform gebruik om haar teenkanting teen Donald Trump, die Amerikaanse Republikeinse presidentskandidaat, uit te druk.
Sy het onlangs haar steun aan Trump se teenstander, Hillary Clinton, die benoemde kandidaat vir die Demokratiese Party, beloof en ’n saamtrek in Princeton, Massachusetts, bevorder. “Gaan uit om my steun aan HILL (sic) te wys,” het sy verlede week verklaar. “WAS ’N LANG TYD SAAM MET HAAR . . . KYK HOE JONK LYK ONS . . . IN PRINCETON, 21 AUG. (sic).”

© Cover Media