Dit is 'n hartseer afwenteling vir 'n maatskappy wat eens feitlik boaan die gewildheidsleer vir selfone was. Maar ongelukkig kon hulle nie tred hou met app-gebaseerde slimfone nie. Verlede jaar het die groep 'n wins van R147 miljoen getoon. Maar verliese van sowat R5 biljoen die afgelope kwartaal het na alle waarskynlikheid die doodsklok vir BlackBerry se eie selfone laat lui.

Gewese BlackBerry-eienaars het na iPhones en Galaxy-slimfone migreer. Volgens die amptelike verklaring wat deur BlackBerry se hoofbeampte, John Chen, uitgereik is, beplan die maatskappy om alle interne hardewareontwikkeling uit te kontrakteer na hul vennote.
Die maatskappy verander dus van 'n hardeware-gebaseerde na 'n sagteware-georiënteerde firma.
Dit is nog nie bekend of die maatskappy wel enige verdere BlackBerry-selfone gaan uitreik nie. "BlackBerry kan nie aanhou om hul eie selfone te vervaardig bloot ter wille van 'n klein aantal van hul kliënte wat daaraan verslaaf is nie," het Ben Wood van die CCS Insight-konsultantegroep gesê.

Die maatskappy het intussen een van Indonesië se grootste telekommunikasiemaatskappye as vennoot aangekondig. Dié vennootskap sal daarop konsentreer om slimfone vir daardie mark te vervaardig. "BlackBerry gaan nie net meer oor die slimfoon nie, dit gaan oor die slim in die foon," het Chen gesê. Ses kitsfeite oor BlackBerry 1. BlackBerry het eers as RIM bekendgestaan (Research in Motion) 2. RIM is in 1984 deur Mike Lazaridis en Douglas Fregin begin. 3. In 1999 stel RIM die BlackBerry 850 bekend, soorgelyk hieraan:

4. Die naam BlackBerry het sy ontstaan te danke aan die sleutels wat aan die swartbessie-5. klipvrug herinner. 5. In 2012 waas daar 79 miljoen BlackBerry-gebruikers wêreldwyd. 6. Die iPhone wat sy eerste verskyning in 2007 gemaak het, is ook die "BlackBerry-moordenaar" genoem. Twitter het soos altyd, die laaste sê.

Bronne: indianexpress.com, bbc.com, cbc.ca, wikipedia.com