Die moordbeskuldigde

“Geen basis is gelê vir die versoek om dr. Kotze te raadpleeg nie,” het sy in die hooggeregshof in Pretoria gesê.

“Die verdediging mag dr. Kotze nie raadpleeg nie.”

Regt. Masipa het gesê dr. Kotze is nie ’n “gewone getuie” nie, en haar teenwoordigheid in die hof beteken nie Oscar se regspan kan met haar praat nie.

Oscar staan tereg weens moord nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag verlede jaar doodgeskiet het.

Barry Roux, SC, vir Oscar, het gesê hy wil dr. Kotze raadpleeg voor hy besluit op ’n laaste getuie.

Die aanklaer, Gerrie Nel, het beswaar gemaak, en het gesê die verdediging kan hul eie psigiater, dr. Leon Fine, raadpleeg.

Drs. Kotze en Fine was deel van die paneel bestaande uit drie psigiaters en ’n sielkundige wat Oscar ná ’n hofbevel 30 dae lank by die Weskoppies psigiatriese hospitaal waargeneem het.

Regt. Masipa het Maandag gesê sy dink nie dit sou in die belang van geregtigheid wees om die verdediging toe te laat om dr. Kotze te raadpleeg nie.

Barry het gevra die hof moet tot Dinsdag verdaag, wanneer die verdediging na verwagting sy saak gaan sluit.

- Sapa