A photo posted by WearWoof, Inc. (@wearwoofshop) on

Dolly, ’n gewese straatkat van Pittsburgh, Pennsilvanië, en amptelike gelukbringer van die organisasie sonder winsoogmerk Wearwoof, het haar veldtog vir die Amerikaanse katpresident aangekondig met die slagspreuk #FixAmerica.

Volgens Wearwoof het Dolly nie altyd hierdie luukse lewe van veldtogte gelei nie. Kort nadat haar familie haar agtergelaat het by ’n skuiling, was sy vreesbevange en deurmekaar oor haar toekoms.

Maar moenie bekommerd wees nie, Dolly maak net gereed om die wêreld ’n beter plek te maak deur diere te steriliseer en te versorg.

Volgens The Huffington Post gaan alle skenkings aan die veldtog vir die verbetering van bekostigbare steriliserings- en versorgingsdienste.

“Buiten gesondheid en gedragsvoordele, is sterilisering belangrik om die aantal ongewenste diere wat die skuilings elke jaar ontvang, te verminder,” het Nancy Lee, Wearwoof-stigter en Dolly se veldtogbestuurder, aan The Huffington Post gesê. Nadat The Huffington Post vir Dolly gevra het wat sy omtrent die Amerikaanse ekonomie gaan doen, het sy vir hulle in ’n verklaring geantwoord. “Die ekonomie waarin ek die meeste belangstel, is die liefdadigheidsekonomie,” ’n verklaring wat heel waarskynlik deur Nancy geskryf is. Dolly het ook talle ander ondersteuners op Instagram. Bailey sê #StemVirDolly.

A photo posted by WearWoof, Inc. (@wearwoofshop) on

Selfs ’n oulike hasie stem vir Dolly.
Dolly het sommer ook ’n hele dieretuin wat haar ondersteun.
Maar terwyl sy so besig is met haar veldtog, moet sy ook eers ’n bietjie rus.

A photo posted by WearWoof, Inc. (@wearwoofshop) on

Bronne: The Huffington Post, Wearwoof.org