Die talentvolle sangeres het onlangs die musiekvideo vir haar nuwe enkelsnit, Meer As Woorde, in Pretoria se Botaniese Tuine geskiet.

"Ons almal weet van ’n liefde só sterk dat woorde dit nie kan beskryf nie," vertel Irene-Louise in ‘n mediaverklaring.

“Dit is ook waaroor hierdie lied gaan. Die beste wat jy het vir iemand is méér as woorde.”

In die video soek sy na verskeie leidrade om haar ware liefde te vind.

Selfs die komediant en akteur Leon Schuster, oftewel sy fliekkarakter Mr Bones, het ’n rolletjie in die musiekvideo. Leon is ’n goeie vriend van Irene-Louise se pa, die bekende kunstenaar-bestuurder Louis van Wyk, en Irene-Louise ken hom al sedert haar kinderjare, het sy vertel.

Kyk die video hier: