Suid-Afrikaners hoef nie meer lank te wag om die nuutste Apple iPhones in die hande te kry nie.

iStore het vandag aangekondig dat die 5s- en 5c-fone vanaf 15 November plaaslik beskikbaar sal wees.

Die iPhone 5s is die nuutste weergawe van Apple se slimfoon, met werkverrigting gelykstaande aan dié van ’n lessenaarrekenaar, ’n verbeterde kamera en skandeerder vir vingerafdrukke is. Die iPhone 5C is ’n goedkoper weergawe van die gesogte, maar duur slimfoon en kom in ’n kleurryke plastiese dop.

KLIK HIER vir meer inligting oor die nuwe modelle.