[caption id="attachment_146062" align="alignnone" width="600"]Die toneel by die begrafplaas buite Mookgophong. Foto: Verskaf Die toneel by die begrafplaas buite Mookgophong. Foto: Verskaf[/caption]

Inwoners van hierdie dorp is dik die josie in nadat hulle by die begraafplaas opgedaag het om blomme op hul geliefdes se graf te plaas, en tot hul skok gesien het iemand het wat lyk soos ’n pad oor van die grafte gesloop!

“Dit is nie lekker om te sien jou geliefde se graf is gesloop nie. Dit maak my baie hartseer,” vertel Bianca Fourie, ’n inwoner van die dorp.

Haar skoonpa se graf is glo een van die sowat ses grafte wat gesloop is.

[caption id="attachment_146064" align="alignnone" width="600"]Bianca en haar man staan waar haar skoonpa se graf behoort te wees. Foto: Verskaf Bianca en haar man staan waar haar skoonpa se graf behoort te wees. Foto: Verskaf[/caption]

“My skoonsussie wou die een dag blomme daar gaan neersit het, toe sien sy haar pa se graf is weg.

“Niemand het ons toestemming gevra nie,” sê sy.

Sy sê ’n vrou het ook al in haar motor oor die grafte gery, want dit het vir haar soos ’n pad deur die begraafplaas gelyk.

[caption id="attachment_146067" align="aligncenter" width="600"]Vermoedelik oorblyfsels van iets wat 'n geliefde by die 'n graf gelaat het. Foto: Verskaf Vermoedelik oorblyfsels van iets wat ’n geliefde by die ’n graf gelaat het. Foto: Verskaf[/caption]

“Ons het Avbob gebel. Hulle het gesê hulle dra geen kennis van grafte wat gesloop is nie, en die munisipaliteit het beslis nie hul toestemming gevra nie.”

Intussen wis die dorp se munisipaliteit wat onlangs met die buurdorp Modimolle saamgesmelt het, niks van die pad van bene nie.

Patrick Shika, kommunikasiebeampte by die munisipaliteit, sê hulle weet niks van die voorval nie en het versoek om die grafnommers te kry sodat hulle kan ondersoek instel.

“Die inligting is aan die relevante departement gestuur en daar word ondersoek ingestel,” sê hy.