photo (1)

Nofungile woon ’n kilometer van die wyle staatsman se huis op Qunu. Sy onthou hoe Madiba altyd agtermiddae op die dorpie gaan stap het. “Hy het almal altyd gegroet en gevra hoe dit met ons gaan, en uitgevra oor ons gesondheid, soos bejaardes maak.”

Nofungile sê sy kon sien Madiba was baie lief vir kinders; hy het altyd gaan staan en met die kinders gesels wat om hom saamgedrom het. “Hy was baie lief vir kinders en waar hy ook al gegaan het, het die kinders gevolg.”

Mandela het in 1999 uit die openbare lewe getree en teruggekeer na sy geboorteplek, Qunu, in die voormalige Transkei. Nofungile onthou sy het Madiba sowat vyf jaar gelede gesien en was hartseer toe sy die nuus van sy dood op 5 Desember hoor.

Nes die res van die inwoners, is sy bekommerd sy sal dalk nie toegelaat word om Madiba se begrafnis by te woon nie omdat die pad wat na sy huis lei, deur die militêre polisie afgesper is. “Ons sal waarskynlik die begrafnis by die huis kyk; ek het ten minste elektrisiteit en ’n TV,” sê sy trots.

Deur Asa Sokopo (@asasokopo)