Die aktrise, Emma Watson, het gerugte ontken dat sy en prins Harry in die geheim uitgaan.

Die Harry Potter-ster het in 'n twiet ’n einde gemaak aan die gerugte. “Wêreld: onthou julle die geselsie wat ons gehad het oor die feit dat 'n mens nie alles moet glo wat die media verkondig nie?!“
Woman’s Day, 'n Australise tydskrif, het verlede week die meul van internetgerugte in hoogste versnelling gesit toe hulle beweer het dat die prins vir Emma 'n e-pos gestuur het om haar uit te vra nadat sy en haar vriend hul verhouding verbreek het.

Emma het dinge egter reggestel deur die volgende boodskap te twiet: “Ook … om met 'n prins te trou, is nie 'n voorvereiste vir prinses wees nie.“

Die Australiese tydskrif het beweer dat die tweetjies “geheime afsprake“ met mekaar maak en dat hulle ‘besig is om mekaar baie goed te leer ken‘.

Volgens Woman’s Day het Harry, 30, die Harry Potter-ster in Desember verlede jaar gevra om met hom uit te gaan nadat hy gehoor het dat sy en Matthew Jenny, haar vorige vriend, uitmekaar is.

Daar is beweer dat Emma en die prins in 'n groep van 12 vriende uitgegaan het en dat hulle mekaar sedertdien in die geheim ontmoet het.

Prins Harry en Cressida Bonas se paaie het in April verlede jaar geskei nadat 'n aan-en-af-verhouding van twee jaar vriendskaplik beëindig is.

Harry het voorheen met Chelsy Davy uitgegaan, maar hulle is in 2010 uitmekaar ná 'n stormagtige verhouding wat ses jaar geduur het.

Bronne: Buzzfeed, Daily Mail, Time