Hoewel die besonderhede rondom die klopjag Donderdag nog onbekend is, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, die broers se inhegtenisneming by hul huise bevestig. Dit saldie Amerikaanse regering se uitleweringsaansoek vergemaklik.

“Interpol het uit die Verenigde State van Amerika ’n internasionale lasbrief vir hul inhegtenisneming uitgereik. Die Amerikaanse departement van justisie soek mnr. Groenewald en sy broer in verband met verskeie aanklagte.

"Hulle word bygestaan deur die eenheid vir bedreigde spesies in Limpopo en die taktiesereaksie-eenheid,” het Mulaudzi gesê.

Die broers is Suid-Afrikaanse burgers. Janneman het gewoon in Autauga County, Alabama, waar hy 'n maatskappy se bankrekenings bestuur het.

Misdaad het geen grense nie.

Op ’n vraag oor hoekom dit Interpol so lank geneem het om die Groenewalds se uitlewering te bewerkstellig (die Amerikaanse departement van justisie het die lasbrief al in 2014 uitgereik), het Mulaudzi aan News24 gesê: “Sekere verdrae en ooreenkomste moet gevolg word.

"Prosedures en behoorlike prosesse moet nagekom word en eindelik, wanneer die lande ’n verstandhouding bereik, kan dit uitgevoer word. Misdaad het geen grense nie.

“Die lasbrief kom van Interpol, nie van die Suid-Afrikaanse owerhede nie, en toe ons dit ontvang, het ons uitgevoer,” het Mulaudzi gesê.

Die kriminele hofsaak sal steeds hier voortgaan, maar dit sal afhang van die departement van justisie, Interpol en die nasionale vervolgingsgesag om vas te stel watter sake hulle sal prioritiseer.

“Interpol gaan enige onmiddellike borgtogaansoek teenstaan. Hulle sal ’n behoorlike profiel moet saamstel van Janneman om seker te maak die saak teen die broers is sterk wanneer hulle dalk oor sowat sewe dae aansoek doen om borgtog,” het Mulaudzi gesê.

Op ’n vraag oor of die owerhede dink die uitleweringsaansoek sal slaag, het Mulaudzi geantwoord: “Hulle is uiters selfversekerd. Die kriminele hofsaak sal steeds hier voortgaan, maar dit sal afhang van die departement van justisie, Interpol en die nasionale vervolgingsgesag om vas te stel watter sake hulle sal prioritiseer.”

Owerhede het die karkasse van 26 renosters uitgegrawe wat hulle beweer onwettig gejag en sonder permitte onthoring is.

Dawie, sy vrou, Sariette, en nege ander – onder wie twee veeartse en beroepsjagters, is op Wêreldrenosterdag in September 2010 in hegtenis geneem. Hulle het egter nog nie tereggestaan nie.

Owerhede het die karkasse van 26 renosters uitgegrawe wat hulle beweer onwettig gejag en sonder permitte onthoring is.

Die saak is uitstel tot 29 Januarie 2018. Toe sy gevra is vir kommentaar oor Dawie se inhegtenisneming, het Sariette aan News24 gesê: “Ek weet niks daarvan nie. Ek is twee jaar gelede geskei. Los my uit.”

'n Gemeenskap in skok

Limpopo-boere was bitter ontstoke toe dit in 2010 bekend word vertrouelinge is vermoedelik by grootskaalse renosterstropery betrokke.

Vir die boere was dit 'n slag, want hulle het die veeartse vertrou om na hul diere om te sien.

In September daardie jaar is Dawie, Sariette, en die kontrakjagter Tielman Erasmus op 'n plaas naby Louis Trichardt in hegtenis geneem. Twee veeartse, Karel Toet en Manie du Plessis, asook Manie se vrou, Mariza, is ook aangekeer.

Vir die boere was dit 'n slag, want hulle het die veeartse vertrou om na hul diere om te sien.

"Intussen het hulle net kom inligting bymekaarmaak. Hulle het geweet hoeveel diere op die plase is, wanneer die boere weg sou wees en waar die plaasgrense is," het Renita Prinsloo destyds aan The Mail & Guardian gesê.

Boere het ook agterdogtig begin raak toe Groenewald, 'n gewese polisieman, sy nuutgevonde rykdom ten toon begin stel het.

Die deurbraak het gekom toe polisie 'n helikopter wat by verskeie van die stropertonele gewaar is met Sariette in verband kon bring. Die Robinson R44-helikopter het aan Valinor Trading 142 behoort. Sariette was 'n direkteur van die maatskappy.

Boere het ook agterdogtig begin raak toe Groenewald, 'n gewese polisieman, sy nuutgevonde rykdom begin tentoonstel het. Ook Erasmus, wat voorheen 'n verkenningsoldaat (recce) was, het skielik geld gehad.

Meer oor die sogenaamde 'Musina-Mafia'

Op 25 Oktober 2014 het die Amerikaanse owerhede aangekondig hulle het 180 klagtes aanhangig gemaak teen die beweerde spilpunt van ’n Suid-Afrikaanse renosterstroper- en handeldryfsindikaat, Dawie en sy broer, Janneman.

Van die jagtogte het op hul wildsplaas, Prachtig, naby Musina in Limpopo plaasgevind.

Die broers en hul maatskappy, Valinor Trading CC (wat sake doen as Out of Africa Adventurous Safaris), is aangekla van sameswering, oortredings van die Lacey-wet, posbedrog, geldwassery en ’n gekonkel met bankdeposito’s om rapporteringsvereistes te vermy.

Die Groenewalds was betrokke by die reël van jagtogte in Botswana, Tanzanië, Zimbabwe en Suid-Afrika. Van dit het op hul eie wildsplaas, Prachtig, naby Musina in Limpopo plaasgevind.

Volgens die klagstaat het die broers nege Amerikaanse jagters mislei om onwettig renosters te skiet.

Daar was voorts ook glo “groen” jagtogte, waartydens renosters verdoof is. Jagters kon dan by die diere poseer vir foto’s.

Hulle het na bewering ook aan die jagters gesê hulle sal nie toegelaat word om die renosterhorings terug huis toe te neem nie, maar hulle kon wel foto’s en video’s daarvan neem.

Daarna het die broers na bewering die renosterhorings afgesaag en op die sluikhandelmark in Asië verkoop. 

Daar was voorts ook glo “groen” jagtogte, waartydens renosters verdoof is. Jagters kon dan by die diere poseer vir foto’s.

Volgens National Geographic het die broers nooit oor die nodige permitte beskik nie. Hulle het ook die onwettigheid van die jagtogte van hul kliënte weerhou.

George Beck jr., ’n Amerikaanse prokureur wat die sentrale deel van die deelstaat van Alabama verteenwoordig het, het destyds gesê die broers het “Amerikaanse burgers belieg, gekul en bedrieg om wins te maak uit die onwettige jag van renosters."


Nege Amerikaanse jagters het tot R650 000 ($15 000) per dier vir ’n totaal van 11 jagtogte betaal. Die aanbiedings is  tussen 2005 en 2010 by jagkonvensies en geweerskoue in Amerika verkoop.

“Ons sal nie Amerikaanse burgers toelaat om as ’n instrument misbruik te word en ’n spesie te vernietig wat bykans skadeloos vir mens en ander diere is nie.”

Die klagstaat teen die groep het 637 bladsye beslaan. Daarin is 1 872 aanklagte teen die groep. Dit sluit in onwettige jag, handel in renosterhorings, geldwassery, bedrog en afpersing.


Dawie, na bewering die hoof van die sindikaat, wat ook as die “Groenewald-gang” of die “Musina-Mafia” bekendstaan, is in 2010 saam met 10 ander mense in hegtenis geneem.

Janneman en Out of Africa Adventurous Safari’s was nie destyds ingesluit nie.

Die klagstaat teen die groep het 637 bladsye beslaan. Daarin is 1 872 aanklagte teen die groep. Dit sluit in onwettige jag, handel in renosterhorings, geldwassery, bedrog en afpersing.

Die groep het na bewering ongeveer R88 miljoen verdien uit die onwettige verkoop van renosterhorings.

Bronne: mg.co.zanews24.com, nationalgeographic.com