Die seuntjie agter die meme bekend as “success kid” is nou ‘n paar jaar ouer en wil geld insamel sodat sy pa ’n nieroorplanting kan kry. Die agtjarige Sammy Griner en sy familie het onlangs ’n GoFundMe-veldtog bekendgestel om Justin Griner se mediese rekeninge te betaal. Hy het in 2006 siek geword en teen 2009 het hy aan totale nierversaking gely. Hy is sedertdien op dialise en die familie glo dat ’n oorplanting die enigste manier is.

Binne ’n week het die veldtog meer as $90 000 (ongeveer R1-miljoen) bereik!

Die familie het sowat $75 000 (ongeveer R900 000) benodig en het daardie teiken reeds verbygesteek. Binne ’n week het die veldtog meer as $90 000 (ongeveer R1-miljoen) bereik!

Sammy se ma, Laney Griner was aanvanklik huiwerig om haar seun se internet-roem te gebruik om geld in te samel, maar het besef dat dit ’n goeie manier kan wees om die saak uit te lig. “Ons is ‘Success Kid’ se ouers, om hemelsnaam,” het Laney aan die Daily Dot gesê. “As enigiemand die mag en goedheid van die internet verstaan, is dit dié van ons wat gelukkig is om dit daagliks te ervaar.” Die oorspronklike foto wat in ’n meme gemaak is, is geneem to Sammy 11 maande oud is. Op daardie oomblik, sê Laney, was Sammy op pad om ’n vuis vol sand in sy mond te druk.

Bronne: bbc.com, time.com, metro.co.uk