Kaylan Mahomes van Indianapolis in Amerika het nie ’n idee gehad watter bohaai dit sou ontketen toe sy onlangs ’n oulike kiekie van haarself saam met haar ma, Tina, en tweelingsussie, Kyla, twiet nie.

#momtwinandme

A photo posted by #momtwin&me (@momtwinandme) on

Tienduisende mense het aangedui hulle hou van die foto en Twitter-gebruikers het Kaylan, ’n hoërskoolleerder, gesmeek om te sê watter een van die drie die ma is.

Ná ’n paar raaiskote het Kaylan gesê die vrou in die swart baadjie (heel links) is hul ma. Volgens NY Daily News is Tina 35 en haar dogters 16.

Lees ook: Man skryf ope brief aan ander mans in die versoeking om te kul: ‘Moenie soos ek met spyt saamleef nie’

“Dis ’n groot kompliment,” sê Tina. “Die meeste mense dink ek is hul ouer suster, of soms dink hulle ons is ’n drieling.”

Die hospiesverpleegster sê haar jeugdige voorkoms is te danke aan hope vrugte en groente, oefening en baie water. “Ek gebruik nie spesiale seep vir my gesig nie, net gewone water of ’n gesigreinigingsmiddel, en dis dit.”

Kaylan, wat nou meer as 25 000 volgers op Twitter het, was geskok oor al die aandag en het getwiet: “Dis ongelooflik hoe ver die foto gereis het,” met foto’s van mense se kommentaar van regoor die wêreld. Lees ook: Pa deel foto van babadogter se toon om te waarsku teen gevaarlike toestand In nog ’n twiet het sy vertel sy en haar suster word in die straat voorgekeer deur mense wat hulle van die foto herken. Kort daarna het sy ’n oulike video van hulle drie in die motor gedeel – en weer moet ’n mens mooi kyk om uit te pluis wie die ma is. Praat van goeie gene!

Bronne: Twitter, People, The Mirror, Hello, NY Daily News

Trek jy en jou kinders baie op mekaar? Dink mense soms jy is hul broer of suster? Stuur ’n foto met jou besonderhede vir ons!

Klik hier om uit te vind hoe.

Ander stories op huisgenoot.com:

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Seun in hospitaal nadat hy met skaatsplank teen paal vasry

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!

Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld???