Sy het dit aanvanklik gedeel as ’n grap. In die video hou Kathy ’n masker omhoog wat soos Trump se bebloede kop lyk.

Mense kon nie wag om Kathy te stenig vir die “gemene” video en foto nie. Baie wou ook weet hoe sy dit eties korrek geag het om so ’n video oor ’n huidige president te maak.

.

Selfs Chelsea Clinton, dogter van Hillary Clinton, wat teen Trump gestaan het in die presidensiële verkiesing, het die video en fotosessie ten sterkste veroordeel.

Die fotograaf Tyler Shields, wat die video en foto’s van Kathy geneem het, sê hy het geen berou oor die aangeleentheid nie, berig Fox News.

“Ek kan nie vir haar praat nie, maar ek weet dat sy lief is daarvoor om die pot te roer. Ek is mal oor die idee dat ons vryheid van spraak het. Die feit dat ek so ’n foto kon neem, sê baie. Vir my is dit ’n baie magtige ding,” het Tyler aan Fox News vertel.

Kathy is egter nie so dapper soos Tyler nie en het berou getoon. Sy het ook ’n video op Twitter gelaai waarin sy verskoning vra oor die grafiese video’s en foto.

Kathy het ook openlik erken dat sy hierdie keer te ver gegaan het.

Kyk hier na die video waarin Kathy verskoning vra:



Bronne: Fox News, E!online, New York Post