Die aktrise Lesley-Ann Brandt is liederlik aanlyn sleggesê nadat sy 'n intieme foto van haar en haar seuntjie, Kingston Payne, op Facebook en Instagram gedeel het.


Vir Lesley-Ann gaan dit als om borsvoeding te “normaliseer” en “sonder vrees te borsvoed”.

Sy skryf op Instagram: “’n onskuldige foto van my wat my kind borsvoed het sommige ‘aanstoot gegee’.” 

Van die kommentaar wat sy gekry het, lees dat sy “aandag soek” en dis iets wat “’n privaat-oomblik" behoort te wees.

“Die ironie is dat dieselfde mans en ongelukkig ook vroue dit aanvaarbaar vind dat my borste in my werk, soos Spartacus, te sien is, maar nie om my seun te borsvoed nie?”

Lesley-Ann (35), oorspronklik van Athlone naby Kaapstad, is te siene as die slawemeisie Naevia in die televisiereeks Spartacus: Blood and Sand.

Sedert Januarie 2016 vertolk sy die rol van Maze (Mazikeen) in die Fox-televisiereeks Lucifer.

Sy woon deesdae met haar akteur-man, Chris Payne Gilbert (Dexter, The Shield en The Broken Hearts Club), en hul nuweling in Los-Angeles in Amerika.

"You and me, you and me, nobody baby but you and me" I love you @chrispaynegilbert Thank you for doing life with me. ??

A post shared by Lesley-Ann Brandt (@lesleyannbrandt) on

Sy wou toe weet wat dit sê van hoe ma’s en vroue behandel word as mense niks fout daarin vind as ‘n aktrise haar borste op televisie wys.

Om my sosiale media positief te gebruik en bors te voed is my keuse. Dit sal hopelik ander ma’s daarbuite die moed gee om nie na ‘n badkamer te gaan om hul baba’s te borsvoed nie.

“Om my sosiale media positief te gebruik en bors te voed is my keuse. Dit sal hopelik ander ma’s daarbuite die moed gee om nie na ‘n badkamer te gaan om hul baba’s te borsvoed nie.”

Dit lyk of die aktrise mense ook warm onder die kraag gehad oor sy glo so vroeg na geboorte begin oefen het. Hierop het sy geskryf: "Om op 'n trapmeul te stap is heeltemal veilig, dus dankie vir die aanlyn mediese advies."

Huisgenoot het Lesley-Ann vir kommentaar genader, maar sy was nie in daardie stadium beskikbaar nie.