’n Internasionale sanger word deur die Suid-Afrikaanse polisie ondersoek oor bewerings van ’n verkragting wat meer as 40 jaar gelede hier plaasgevind het.

Die wêreldbekende Britse kunstenaar, wie se naam aan News24 bekend is, word van verkragting beskuldig. Die voorval het na bewering in 1976 plaasgevind.

Lt.kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die saak in 2014 aangemeld is. Die nasionale vervolgingsgesag het glo geweier om dit verder te ondersoek.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder van die Wes-Kaap, het egter gesê die saak is na die polisie terugverwys vir verdere ondersoek.

Die klagtes is in Seepunt aanhangig gemaak.

Die kunstenaar het in 1976 deur die land gereis.

Bron: news24.com