Dan is deur die Franse polisie in Parys aangekeer terwyl hy onder die invloed bestuur het, berig Sport24. Die voorval het Woensdagnag naby die Champs Elysees in die hartjie van die stad gebeur. Dié losskakel speel tans daar vir die Franse rugbyspan Racing 92.

A post shared by Dan Carter (@dancarter_) on

Volgens die Nieu-Seelandse koerant The New Zealand Herald was Dan se alkoholvlak as 0.98 g per liter bloed gemeet.

Hy het glo ook nie sy bestuurslisensie by hom gehad nie. Die rugbyster is nie in hegtenis geneem nie, maar moet na wat berig word binnekort in die hof verskyn.

Dan het Vrydagoggend op Facebook om verskoning gevra vir sy gedrag.

“Ek is seker baie van julle het die opskrifte gesien. Geen verskonings, ek het ’n massiewe oordeelsfout begaan en my klub, aanhangers en familie in die steek gelaat,” het hy op Facebook geskryf.

Hy het verder gesê die gereg moet nou sy gang gaan, en bygevoeg dat hy verlig is dat niemand het seergekry nie.

“Jammer.”

Van Dan, wat wyd geag word as die wêreld se beste losskakel, se aanhangers het hom geprys omdat hy sy fout erken en verantwoordelikheid daarvoor aanvaar het. Ander was weer van mening sy gedrag was totaal onaanvaarbaar.

A post shared by Dan Carter (@dancarter_) on