Die omstrede sangeres Rihanna is alweer in die nuus, dié keer omdat sy bostukloos pryk op die voorblad van die Franse manstydskrif Lui en Instagram haar foto's verwyder het.

Sy het foto’s van die gewaagde fotosessie op haar Instagram-blad gedeel, maar die foto’s is verwyder nadat hulle as onvanpas en aanstootlik aangegee is by Instagram se bestuurders.

[caption id="attachment_74002" align="aligncenter" width="493"]Die omstrede voorblad. Foto: rihannadaily.com Die omstrede voorblad. Foto: rihannadaily.com[/caption]

Op die tydskrif se voorblad poseer sy bostukloos met net ’n klein pienk sjoebroekie aan en ’n hoed op haar kop.

In die foto’s wat sy op Instagram gedeel het, lê sy naak op ’n oranje handdoek en is haar kaal agterstewe duidelik sigbaar.

Nadat haar foto’s van Instagram verwyder is, het sy ’n spottende foto van haar in ’n kuis uitrusting gedeel en gesê “Rihanna se volgende tydskrifvoorblad as dit van Instagram afgehang het.”

- Mieke Vlok

Foto: Instagram

Bron: TMZ