[caption id="attachment_116125" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Wikipedia Foto ter illustrasie: Wikipedia[/caption]

Twee van die pasiënte is meisies van nege en 10 jaar van die Kaapse Skiereiland. Die derde pasiënt is ’n 52-jarige man van die Kaapse Wynlande, het die departement se woordvoerder, Mark van den Heever, gesê. Sommige van hulle het gereis na aangetasde gebiede, onder meer Zimbabwe. Die eerste geval is op 10 Januarie en die mees onlangse op 20 Januarie aangemeld.

Lees ook: Speelterreinverf bevat gevaarlike hoeveelheid lood

Ingewandskoors is ’n ernstige siekte wat deur die salmonella typhi- bakterie veroorsaak word, berig Health24. Dit word opgedoen deur ’n organisme in besmette kos of water. Tipiese simptome sluit in koors, hoofpyn, maagpyn, ’n uitslag, diarree en ’n vergrote milt. Dit kan met antibiotika genees word.

Nog gevalle in Gauteng verwag

Die Gautengse gesondheidsdepartement het die naweek bevestig vier gevalle van ingewandskoors is in Johannesburg aangemeld en dat een mens dood is, het News24 Maandag berig.

Lees ook: Downsindroom dalk binnekort uitgewis

Die departement het Sondag in ’n verklaring gesê die gevalle is in Hillbrow en Yeoville in Johannesburg, Edenvale in Ekurhuleni en Palm Springs in Vereeniging geïdentifiseer. Twee van die pasiënte is in die Charlotte Maxeke akademiese hospitaal opgeneem en die ander is in die Edenvale-distrikshospitaal behandel.

Die 27-jarige Malawiese vrouepasiënt is op 17 Januarie by die Charlotte Maxeke-akademiese hospitaal dood. Sy het vir die feestyd na Malawi gereis en op 12 Januarie via Mosambiek na Johannesburg teruggekeer.

News24