Dit het hulle ses jaar,amper R10 miljoen,die verlies van minstens een plaas en ’n onberekenbare hoeveelheid stres gekos om eens en vir altyd te bewys Fred van der Vyver moes nooit van die moord op sy meisie aangekla gewees het nie.

Bespreek vir Skouspel!

Maar terwyl die gesin hul jongste sege in die hof vier, treur ’n ander gesin steeds, worstel met onbeantwoorde vrae en sukkel om berusting te vind.

Prof. Jan Lotz en sy vrou, Juanita, weet steeds nie wie hul dogter, Inge, op 16 Maart 2005 vermoor het nie. En volgens alle aanduidings sal sal hulle waarskynlik nooit weet nie.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot kyk ons na hierdie moordsaak en die skandalige polisiewerk wat amper ’n onskuldige man jare lank in die tronk laat beland het, het ook die werklike moordenaar van die pragtige 22-jarige meestersgraadstudent van Stellenbosch letterlik met moord laat wegkom.

Lees meer in die Huisgenoot van 25 Augustus.

Volg Huisgenoot op Twitter.