[caption id="attachment_125621" align="alignnone" width="600"]Hier is die huldeblyk wat Inge se ouers in Die Burger gepubliseer het. Hier is die huldeblyk wat Inge se ouers in Die Burger gepubliseer het. [/caption]

Inge sou vandag 34 geword het, maar op 16 Maart 2005 is haar blink toekoms wreed van haar af weggeneem. ’n Pragtige foto van dié begaafde Matie-student pryk bo ’n uittreksel van ’n Breyten Breytenbach-gedig: Want my liefde reis met jou mee / My liefde moet soos ’n engel by jou bly / Soos vlerke, wit soos ’n engel . . .”

Inge is destyds in haar Welgevonden-woonstel op Stellenbosch vermoor en ná ’n uitgerekte en opspraakwekkende hofsaak het regter Deon van Zyl in November 2007 haar destydse kêrel, Fred van der Vyver, van haar moord vrygespreek.

Lees ook: Inge Lotz-moord spook elf jaar later nog

Sedertdien spook die identiteit van Inge se moordenaar nog by forensiese kenners en leunstoelspeurders. Antony Altbeker het in Februarie 2010 die topverkoper Fruit of a Poisoned Tree geskryf, en die broers Calvin en Thomas Mollett is amateur forensiese wetenskaplikes wat al twee boeke oor Inge se moord geskryf het.

Die raaisel rondom wie Inge vermoor het, fassineer mense nog so dat kaartjies vir ’n debat tussen Thomas en Antony Saterdag by die Franschhoek literêre fees al weke gelede heeltemal uitverkoop was.

Ander stories op Huisgenoot.com

Wellington treur ná skokdood van geliefde inwoner Winnie Rust

‘Dapper’ sewejarige kap kop oop nadat hy uit bewegende trein gesuig word

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?

Kyk: Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag

Ontstoke ma skryf ope brief aan skoonma’s