’n Ma van Indië het geboorte geskenk aan wat dokters vermoed die swaarste baba in die land kan wees.

grootste baba
Die massiewe babameisie het by geboorte 6.8 kg geweeg – omtrent soveel as wat normale babas op ses maande weeg.
Haar 20-jarige ma, Nandi, het in die suidelike voorstad van Karnataka met ’n keisersnee geboorte gegee aan die dogtertjie. Dokters meen die babadogtertjie is ook heelwat langer as wat babas normaalweg by geboorte is.

Lees ook: Die skokkende rede waarom die kinderoppasser wat dié baba ‘mishandel’ het, nie aangekla word nie

“Die baba is 62 cm lank teenoor die normale Indiese babas wat gewoonlik 50 cm lank is,” het Dr. SR Kumar, wat die keisersnee uitgevoer het, gesê.

Die dokters is nou besig met toetse om te probeer uitpluis hoekom sy so groot gebore is.

Volgens Kumar is daar gevalle waar kinders abnormale swaar by geboorte is as die ma ’n diabeet is, maar Nandi het nie een nie.

Lees ook: SA pa wat tweeling noodgedwonge langs die pad moes vang, gesels oor daai dag

Die rekord vir die grootste baba in Indië was voorheen ’n seuntjie van 6.7 kg.

Die rekord vir die grootste baba ter wêreld was ’n Italiaanse seun, Carmelina Fedele, wat in 1955 by geboorte die skaal op 10.2 kg laat kreun het.

Ander stories op Huisgenoot.com:

3 kg haarbol uit vrou se maag verwyder ná sy 22 jaar lank haar hare kou

Seldsame kwaal laat vrou tydelik verlam elke keer as sy wakker word

Dié broer en suster gaan nooit weer kan slaap weens ’n seldsame en ongeneesbare breinsiekte

Man maak kunswerke uit vrugte en die eindproduk sal jou verstom!