Die bruid het die bruidegom se wiskundige vaardighede getoets en toe hy die som verkeerd kry, het sy uitgestap.

Haar vraag was: Hoeveel is 15 plus ses?

Sy antwoord: 17. ’n Plaaslike polisiebeampte, Rakesh Kumar, het Vrydag gesê die voorval het Woensdagmiddag laat plaasgevind op die dorpie Rasoolabad naby die nywerheidstad Kanpur in dieNoord-Indiese staat Uttat Pradesh.

Sy het aangevoer die bruidegom het hulle mislei oor sy opleiding.

Die bruidegom se familie het die bruid probeer ompraat om terug te kom, maar sy het geweier. Sy het aangevoer die bruidegom het hulle mislei oor sy opleiding.

Mohar Singh, die bruid se pa, het gesê die bruidegom se familie het hulle in die duister gehou oor sy swak opleiding. “Selfs ’n graad 1’tjie kan hierdie som regkry.?

Volgens Kumar het die plaaslike polisie tussenbeide gekom en die families aan albei kante het al die geskenke en juweliersware teruggegee wat voor die troue uitgeruil is.

’n Ander bruid van Uttar Pradesh het verlede maand met een van die bruilofsgaste getrou nadat haar toekomstige bruidegom ’n toeval gekry en by die troue inmekaargesak het.

Die bruidegom se familie het nie bekendgemaak dat hy epileptiese aanvalle kry nie. Terwyl die bruidegom inderhaas na ’n hospitaal in die dorp Rampur geneem is, het die bruid een van die bruilofsgaste gevra om sy plek in te neem en toe trou sy met die gas.

In Indië reël die bruid en die bruidegom se families die meeste van die huwelike. Behalwe vir ’n paar kort ontmoetings, kry die paartjie selde die kans om mekaar voor die huwelikseremonie te leer ken.