Richard Govender (43) sê die rowers het in die vroeë oggendure by sy huis in Hoogstraat ingebreek en is deur sy seun gekonfronteer.

“Ons was by die Sibaya-casino en my seun was tuis toe die rooftog gebeur het.

“Hulle het die deur afgebreek, die huis binnegekom en ons hele woning geplunder.

“Hulle het die TV-stel, klere en selfs splinternuwe skoene gesteel. Hulle het by my seun se kamer ingegaan en wou die TV daar steel toe hy wakker word,” het Govender gesê. Sy seun het die rowers gekonfronteer, waarna hulle gevlug het. Hulle het vir Max, die gesin se Chihuahua-Jack Russell-kruising, saamgevat. Volgens Govender is Max se verdwyning die “ergste deel” van die inbraak.

'Die hond is soos ’n kind vir my.'

“Ek het geen idee waarom hulle Max wou vat nie. Die hond is soos ’n kind vir my.

“Ek is seergemaak en sal bereid wees om enige bedrag vir sy terugkeer te betaal; hy is deel van ons gesin,” het hy gesê.

Govender sê hy het weens sy bekommernis oor Max sedert die voorval nog nie geslaap nie.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n klag van roof by die polisie aangemeld is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

BRON: News24