“Tydens die struweling het een van die verdagtes blykbaar sy medepligtige gekap en die polisie het ’n vinger op die toneel gevind,” sê Johannes Jaftha, die woordvoerder van die polisie in Bronkhorstspruit.

Die eienaar van die winkel, Tesaye Yohannes (23), het geslaap toe die voorval gebeur en is met ’n panga oor die kop geslaan, sê Johannes.

Die verdagtes het Saterdag in die vroeë oggendure deur die muur van die winkel gebreek.

“Hulle het ’n onbekende bedrag geld, lugtydbewyse en sigarette gesteel.”

Die polisie soek nog na die rowers.

Tesaye is reeds uit die hospitaal ontslaan.