Die aktrise en haar man, Daniel Moder, is is 2002 getroud en hulle het drie kinders: die tweeling, Phinnaeus en Hazel, 11, en Henry, agt.

Die ster het voorheen altyd ’n manier gevind om aan die chaos van die gesinslewe te ontsnap, maar sy het nou ingegee en die feit aanvaar dat haar kleingoed die huis regeer.

"Ek was gewoond om my eie biblioteek te hê," het sy aan die Duitse tydskrif TV Direkt vertel. "Maar in een stadium het ek besluit dit is beter dat boeke gebruik word as dat hulle op die rak lê en stof vergader. Nou het my kinders die hele huis oorgeneem!" Die ster kry. as gevolg van die belangrike rolle wat sy in yslike rolprente, soos Pretty Woman speel, spesiale behandeling waar sy ookal gaan. Wat haar kinders betref: hulle weet nie eens dat sy beroemd is nie.

Baie mense reken hul huwelik van 13 jaar is nogal ’n prestasie in Hollywood

"My dogter het op ’n dag van die skool af gekom met die storie dat een van haar klasmaats wou weet of ek DIE Julia Roberts is en sy het nee geantwoord!” het Julia gelag. Wat haar betref, is dit nie ’n leuen nie, "want ek is bloot haar ma, nie ’n rolprentster nie."

Julia en Daniel staan duidelik aan die hoof van ’n liefdevolle, gelukkige gesin, en baie mense reken hul huwelik van 13 jaar is nogal ’n prestasie in Hollywood.

Dit mag nou wel maklik voorkom, maar die ster gee die versekering dat daar altyd gewerk moet word aan ’n suksesvolle verhouding.

"Wat hulle ook al oor ons opdiep of beweer, ons het baie in mekaar belê,” het sy gesê. “My vriendin het op ’n keer vir my gesê: 'As jy ’n interessante verhouding wil hê, moet jy daartoe in staat wees.’ En sy is reg."

Die paartjie kom só goed met mekaar klaar dat hulle het selfs hul jongste rolprent, Secret in Their Eyes, saam verfilm het. Julia het ’n leidende rol gespeel en Daniel het as kameraman opgetree.

© Cover Media