Menige krieketliefhebber sal sonder skroom vir jou sê: Niemand, net niemand, vier die val van ’n paaltjie met soveel oorgawe en passie as spinbouler Imran Tahir nie. Hier’s ’n paar (letterlik) hoogtepunte van vandag se kwarteindronde wedstryd teen Sri Lanka. Imran het ’n handvol paaltjies laat val – vier van hulle. En boonop is hy as die man van die wedstryd aangewys. Dit was ’n pragwedstryd om dop te hou, en elkeen van die Proteas het vandag ’n uistsonderlike bydrae tot ’n reuse-oorwinning oor Sri Lanka bygedra toe hulle die wedstryd met nege paaltjies in die hand Suid-Afrika s’n gemaak het. Sri Lanka was almal uit vir 133 en die Proteas het die teiken maklik behaal met slegs een paaltjie, dié van Hashim Amla, wat geval het. Hardloop, Forest, hardloop!

Is dit ’n vliegtuig? Is dit ’n duif? Nee, dis Imran Tahir Towenaar met ’n krieketbal Nog ’n paaltjie byt in die stof Sy vierde paaltjie vir vandag Dis mos pure Protea-plesier Op die aanval Lugtyd Menige kolwer se nagmerrie Man van die wedstryd – soos dit hoort Van toeka af