paulwalker

Paul Walker van Fast & Furious-faam is dood weens impak en verbranding in die grusame motorongeluk, toon ’n nadoodse verslag wat gister uitgereik is.

Paul het Saterdag gesterf toe die hoë verrigtingsmotor waarin hy ’n passasier was teen ’n lamppaal en ’n boom gebots en toe in vlamme uitgebars het.

Roger Rodas, wat agter die stuur van die 2005 Porsche Carrera GT was, is net aan impak dood, blyk dit uit die verslag wat Los Angeles se lykskouer uitgereik het.

Die uitslag van die toksikologietoetse sal oor ses tot agt weke bekendgemaak word.

Paul het op een na in al ses Fast & Furious-lokettreffers gespeel waarin vinnige motors en roekelose bestuurdery verheerlik word.

Ondersoekers probeer nog vasstel wat veroorsaak het dat die Roger beheer oor die motor verloor het. Hulle sê spoed het ’n rol gespeel in die ongeluk wat sowat 48 km noordwes van Los Angeles se middestad gebeur het.

-         Sapa