Joseph Mascolo, die akteur wat sedert 1982 met tussenposes die Amerikaanse sepie Days of our Lives se ikoniese Stefano DiMera gespeel het, is Donderdag 8 Desember in die ouderdom vir 87 oorlede. Joseph het in sy laaste jare ’n stryd teen Alzheimers gevoer.

Die legende word oorleef deur sy vrou, Patricia Schultx-Mascolo, sy seun Peter, sy stiefdogter Laura, sy suster Marie en haar man Ronald LaVoie en drie kleinkinders.

STEFANO DIMERA

Joseph se karakter, Stefano, was bekend daarvoor dat hy telkemale uit die “dood” teruggekeer het na die skerm. Kyk hier na ’n paar uittreksels van sy loopbaan.

Bronne: Soapoperadigest.com; Twitter, YouTube