Die intriges, drama en trane van Genoa City gaan op 6 Julie iets van die verlede wees omdat e.tv besluit het om nie weer dié sepie se kontrak te hernu nie. 

“Die sepie sal nie weer hernu word nadat die laaste episode uitgesaai is nie,” lui ’n verklaring deur die televisiekanaal. 

Dit is nie duidelik hoekom e.tv die besluit geneem het nie. 

Die sepie het grootliks oor die wel en wee van drie families, die Abbots, Chancellors en Newmans, gegaan.