HULLE lyk na dik pelle wanneer hulle saam op die Idolsverhoog verskyn of elke week met trane in hul oë van die ongelukkige deelnemer afskeid neem wat uitgestem is.

Maar wat gaan ver weg van die TV-kameras agter die mure van die Idols-huis aan? Met die mededinging tussen

die oorblywende inwoners wat in die pylvak na die eindronde ál strawwer raak, wonder jy of die spanning van die verhoogoptredes nie oorloop na daar waar hulle almal onder een dak saambly nie.

Dit laat ’n mens eintlik wens Idols wil in Big Brother verander. Anders as met Loerbroer het die publiek nie die vaagste benul wat in dié huis aangaan nie en die meeste van ons sal bitter graag ’n vlieg teen die muur wil wees. Al is dit nou ook net om te sien hoe elkeen se kamer lyk.

En wie dalk ná donker na wie se kamer sluip...

Wanneer ’n spul vreemdelinge saam by ’n huis intrek, kan jy maar verwag dat die hare gaan waai. Agtergronde, persoonlikhede en higiëne verskil en nes in enige ander huishouding kan klein dingetjies begin krap.

Die topses Idols – Pieter West, Boki Ntsime, Sindi Nene, Adeline Mocke, Elvis Blue en Lloyd Cele – het meer as agt weke saam onder een dak deurgebring voor Adeline en Pieter uitgestem is. Te oordeel na hul kameraadskap en grappies op die kassie was daar nooit enige probleme in die Idols-huis nie. Of was daar?

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 21 Oktober 2010.