NÁ NEGE spanningsvolle weke, talle optredes voor die kameras, miljoene stemme wat kykers vir hul gunstelinge uitgebring het en dosyne naelbyt-oomblikke op uitskopaande, is daar net drie finaliste oor.

Nou is die spanning eers aan die oplaai en die senuwees snaarstyf gespan oor wie Suid-Afrika se sesde Idol gaan word.

Sal dit Lloyd Cele, Elvis Blue of Sindi Nene wees?

Al is die mededinging tussen die topdrie nou sterker as ooit voor die kameras, is hulle agter die skerms steeds goeie vriende.

Toe hulle by Huisgenoot se ateljee opdaag vir ’n fotosessie, was almal vol grappe en dit was ’n gespot van begin tot einde. Ons het met elkeen gesels en uitgevind Lloyd en Elvis is beste vriende in die huis en Sindi droom daarvan om haar wengeld op hoëhakskoene te blaas.

Lees ekslusief in die Huisgenoot van 28 Oktober hoe elk van die finaliste 'n paar geheime verklap