Besoekers is Dinsdag verhoed om Tafelberg se gewilde Platteklip-roete te stap nadat die ontbinde liggaam gevind van ’n vrou naby die roete gevind is.

Unicef het in ’n verklaring gesê dat Charlotte se lyk gevind is.


“Almal van ons by Unicef is baie hartseer en spreek ons simpatie teenoor haar familie uit. Charlotte was ’n toegewyde kollega wat in haar 18 jaar haar heeltemal gewy het aan die werk en waardes van die Verenigde Nasies.

“Haar warmte en konstante ondersteuning sal baie gemis word,” sê Najwa Mikki, woordvoerder van Unicef.

Die SAUK berig dat haar man, Chris Nikoi, eersdaags terug sal keer na Suid-Afrika vir verdere reëlings.

Op 20 Maart, die dag voor haar verdwyning, het sy herinnerings aan haar en haar man, Chris Nikoi, se huwelik van langer as 22 jaar gedeel.

Sy beskryf hoe ’n veel jonger sy senuagtig die twee woordjies “I do” geuiter het en hoe Chris haar hande gedruk het “asof jy wou sê ‘moenie bekommerd wees nie. Alles gaan oukei wees’. Jy was natuurlik reg (soos jou T-hemp in die foto ook sê).”