Die Daily Mail, London Evening Standard, The Irish Times, The Independant, The Telegraph en verskeie ander koerante het vanoggend dié twee identikits publiseer wat die polisie saamgestel het ná verklarings van twee ooggetuies. Die ooggetuies het die man glo in Mei 2007, toe die vierjarige Maddie verdwyn het, gesien in die omgewing van die McCanns se vakansiehuis in Praia da Luz in Portugal. Die twee identikits is vermoedelik dieselfde man.

Die Daily Mail sê op albei identikits het die man ’n intense kyk en ’n skramse glimlag. Die man praat moontlik Duits, is tussen 20 en 40 jaar oud, het kort bruin hare, is van middelmatige bou en lengte en is skoongeskeer.

Speurder Andy Redwood het volgens die Daily Mail en die London Evening Star gesê: “Dis van kardinale beland dat ons die man opspoor en met hom praat. Ons het ooggetuies wat hom in die omgewing van die oord kan plaas rondom die tyd dat Madeleine verdwyn het. Dit is nie ons enigste lyn van ondersoek nie. Ons het identikits van ander mense ook wat gesien is die dag dat Madeleine verdwyn het en die dae voor die verdwyning.”

The Irish Times berig Scotland Yard het al met meer as 400 mense onderhoude gevoer en dat 41 mense van belang vir die ondersoek al geïdentifiseer is.

Die BBC-program Crimewatch sal vandag in ’n episode ’n rekonstruksie wys van wat moontlik die aand met die verdwyning gebeur het, sowel as ’n onderhoud met Maddie se ouers, Gerry en Kate.