Op ’n nuwe webtuiste, twinstrangers.com, kan jy jou foto laai, dan soek hulle wêreldwyd na jou dubbelganger.

Dit het reeds ’n paar skokkend eenderse mense van teenoorgestelde dele van die aardbol bymekaargebring.

Ambra, ’n 23-jarige wat in Fayetteville in Noord-Carolina woon, het onlangs vir Jennifer, ’n 33-jarige van Spring in Texas ontmoet. Die twee vroue is glad nie familie nie, en tot onlangs het hulle nie van mekaar se bestaan geweet nie.

Maar hulle lyk presies eenders.

Maar hulle lyk presies eenders.

“Ek het eendag van die werk af gekom en gelees oor hierdie webtuiste,” vertel Jennifer. “Ek het net my gelaatstrekke ingevul en daar was sy,” vertel Jennifer met verwysing na Ambra.

“Toe ek haar eindelik ontmoet, was ek oorbluf. Daar was nog iemand, en sy het regtig my gelaatstrekke!” het Ambra laat hoor.

Die twee is toe eenders aangetrek vir ’n fotosessie. Hulle het dieselfde hemp, grimering en haarstyl gekry.

“Daar was ’n oomblik toe ek in die spieël gekyk en gedink het ek sien myself, maar die spieël was teen ’n hoek,” vertel Jennifer. Sy beskryf die oomblik toe sy besef het sy sien eintlik vir Ambra asof sy haar eie spook gesien het.

Daar was ook ’n hartroerende oomblik toe Jennifer se ma, Karen, Ambra ontmoet. “Jy lyk so baie soos my dogter. Julle glimlag dieselfde. Hoe is dit moontlik?” het sy gevra.

Twin Strangers is vroeër vanjaar deur Niamh Geaney en twee van haar vriende in Dublin, Ierland, begin. Dit het gevolg nadat Niamh haar dubbelganger – ook ’n Ier wat skaars ’n halfuur se ry van haar af woon – gevind het.

Bronne: News.com.au; Daily Mail