Hier is ’n paar voorstelle:

In plaas van witbrood of wit rolletjies, kies:

  • Lae-GI bruinbrood
  • Rogbrood
  • Pompernikkelbrood
  • Donker gesondheidsbroodjie of rolletjie met sade

In plaas van volvet-margarien of botter, kies:

  • Laevet margarien
  • Vetvrye of laevet maaskaas
  • Fyngedrukte avokado
  • Onversoete grondboontjiebotter gemeng met maaskaas

In plaas van vetterige en suikerbelaaide vulsel, kies:

  • Dungesnyde komkommer en tamatie
  • Laevetkaas, soos mozzarella en Edam
  • Krummelrige maaskaas en tuna
  • Maer koue vleis, soos ham, hoender en kalkoen
  • Gesnipperde gerookte hoender met ’n bietjie mayonnaise wat min olie bevat en slaaiblare
  • Dungesnyde, hardgekookte eier

- Arina du Plessis