Dr Tertius is terug. Na ‘n ontploffing verlede jaar het almal aanvaar die dokter – gespeel deur Reynardt Hugo - is dood, maar nou blyk dit hy leef.

Maar daar is ‘n kinkel in die kabel. Dr Tertius se se vrou, Daleen Jonker (Desiré Gardner), het intussen liefde gevind by Tertius se beste vriend, dr. Quinton Meyer. Nou wat nou?

Hier in die Huisgenoot-kantoor wonder ons nou wat gaan word van die sanggroep Adam waarin Reynardt sing. Nou dat hy terug is op die kassie, is hy af van die verhoog? Ingeligte bronne sê hy gaan al twee doen!

Dat sy karakter nog altyd aangehou word in die Kongo, laat ons ook dink Reynardt gaan genoeg tyd hê vir sy musiekloopbaan. Dis die beste van twee wêrelde: die sexy donkerkop in Adam en op die kassie.