[caption id="attachment_121348" align="alignnone" width="600"]'n EgyptAir-boeing 737. Foto: Wikimedia 'n EgyptAir-boeing 737. Foto: Wikimedia[/caption] Die man, geïdentifiseer as die Egiptiese weermagoffisier Seif Eldin Mustafa, is glo in hegtenis geneem nadat hy verskeie mense op die vliegtuig as gyselaars aangehou het.

“Dis verby,” het Ciprus se departement van buitelandse sake getwiet. “Die skaker is in hegtenis geneem. #LarnacaAirport # Egyptair.”

Dít nadat die man ’n paar “buitelandse” passasiers en bemanningslede ure lank in die vliegtuig op die grond as gyselaars aangehou het. Hy het die ander passasiers laat afklim nadat die vliegtuig by die Larnaca-lughawe geland het, maar die bemanning en handvol “buitelanders” aan boord gehou. Beelde van Ciprus se televisiediens toon hoe mense by ’n oop stuurkajuitvenster uitspring en weghardloop.

Seif, wat beweer het hy dra plofstof aan sy lyf, het blykbaar geëis dat ’n brief aan sy Cipriese eksvrou afgelewer word.

Volgens Helena Smith van The Guardian is die brief, wat ’n eis bevat dat vier vroulike gevangenes in Egipte vrygelaat word, vertaal en aan die man se eksvrou gegee.

Bronne: The Guardian, Daily Mail, The Mirror

Ander stories op Huisgenoot.com

Jy sal nie glo saam met watter superster Juan de Jongh in Brasilië ’n selfie geneem het nie!

Sylvester, die leeu van Beaufort-Wes, loop weer weg!

Gekaapte Egiptiese passasiersvliegtuig land in Ciprus

Verveeld en sonder Wi-Fi? Probeer dié versteekte Chrome-speletjie

Kyk: Blinde terapiehond Smiley doen sy naam gestand

Charmaine en Errol van die Laan: ‘Wat jy insit, gaan jy uitkry’

Eksklusief: Kry hier ’n voorsmakie van Leah se nuutste musiekvideo