Sy het dalk nie hierdie seisoen van Survivor gevolg nie, maar Gigi weet presies hoe dit voel om een van die laaste deelnemers van Survivor te wees wat wag vir die finale uitslag.

Donderdagaand sal dit celeb teen pleb wees wanneer die akteur Hykie Berg en Letshsego Moshoeu mekaar die stryd aansê om met die Survivor-kroon weg te stap.

“Hulle twee moet net ontspan en hulself wees. The game is klaar gespeel en hulle moet trots wees. Om in die laaste twee te wees is reeds ‘n groot eer.

“Alhoewel ek nie hierdie seisoen gevolg het nie, sal ek graag wil hê Hykie moet wen. Ek ken hom persoonlik en sal hom beslis Donderdag ondersteun,” die Gigi, die vorige wenner van Survivor, gesê.

Volg Huisgenoot op Twitter.