Job moes so op sy ashoop gevoel het, gestroop van alles, met net twee dinge oor: geloof en hoop, sê Hykie Berg.

Dis hoe die akteur soms op die Survivor-eiland in die Maledive-paradys gevoel het: Net geloof en hoop in sy hart en ’n klippie van ’n skrywersvriendin vir geluk in sy sak.

Maar dis al wat hy nodig gehad het om die ander 18 deelnemers uit te stof en met die prysgeld van R1 miljoen weg te stap in Survivor South Africa: Maldives toe die jurie en die kykers hom as wenner aanwys.

‘‘Ek is sonder enige strategie na die eiland toe,” sê Hykie (33).

“Ek raak sommer de *** in wanneer mense van my strategie praat.’’ Nes op TV spaar hy nie die vloekwoorde nie, gee nie voor nie, hou niks terug nie. Dis alles eg, sê hy.

Lees meer in die Huisgenoot van 9 Junie oor Hykie se hongerpyne op die eiland die uitdagings wat hy mos aanpak, sy lus vir koffie en wat hy met daardie wengeld gaan doen.

Volg Huisgenoot op Twitter.