Paul se dood in ’n motorongeluk einde verlede jaar het die wêreld geruk. Nou bring Jessica in ’n onderhoud met Marie Claire hulde aan haar Into the Blue-medester.

“Hy was kinderlik onskuldig en altyd ’n bok vir sports. Hy het almal met respek en liefde behandel.”

Paul en Jessica het in 2005 saam in hierdie aksiefliek gespeel oor ’n seeramp.

“Hy het nooit enigiemand anders behandel oor wie hulle is nie. Hy was regtig ’n doodgewone ou. En hy was so lief vir sy dogter en het heeltyd oor haar gepraat.

“Hollywood het hom nooit gepla nie. Hy het nooit omgegee vir die bohaai nie.”

BRONNE: perezhilton.com, express.co.uk