Hy het in ’n Christelike huis grootgeword. Pa Matt, ’n sakeman en grootwildjagter, en ma Corrie, ’n onderwyseres, het Joe en sy twee broers, Riaan (42) en Matt (37), in die kerk grootgemaak. Maar Joe het altyd gevoel iets jaag hom.

Pa en Ma is reeds oorlede; Matt en Riaan werk albei deesdae in die landbousektor.

“Ek het die een ná die ander doelwit vir myself gestel. Ek het gedink as ek eers ’n album kon opneem, as ek eers my musiek op die radio kon hoor of as ek liedjies vir groot kunstenaars kon skryf, sal ek vrede ervaar. Maar die teendeel was waar.”

Diep in sy hart het hy geweet dit wat hy najaag is eintlik vrede en ’n stille, diep geloof wat hom in die Here sou anker.

“Ek glo elkeen van ons het ’n gat in ons hart wat net die Here kan vul. En hoe meer ons dit met ander goed probeer toestop, hoe groter word daardie gat. ’n Mens voer ’n honger wat net groter en groter raak.”

Daardie honger het Joe na skool met drank en dwelms op partytjies probeer voed.

Musiek is al van kleindag deel van sy lewe, maar sy pad met die Here is ’n ander storie – en daaroor praat hy graag. Lees meer hieroor in Tempo Somer 2011/2012 wat nou op die rak is.

Volg Huisgenoot op Twitter.