Ons het al ’n mooi klompie breinknopers gesien, maar geeneen het die logika so uitgedaag soos dié een nie.

Toe Emily en Seth Peterson hul tweelingseuns, Samuel and Ronan, in die wêreld verwelkom, het hulle besef die twee is nogal spesiaal.

Raaiselagtig spesiaal.

Lees ook: Verliefde paartjie se raaiselagtige dood

"Samuel is die eerste gebore, maar Ronan, sy tweelingboetie, is ouer. Hoe is dit moontlik?” het die kraamafdeling van die Cape Cod-hospitaal op hul Facebook-blad gevra in ’n byskrif by ’n foto van Seth en Emily met hul nuwe babas.

via GIPHY

Moet jou nie bekommer nie, jy is nie die enigste een wat verwar is nie.

Die internet het die taak oorgeneem om die vreemde raaisel op te los.

Kyk hier onder na sommige van die raaiskote.

Goed, goed, ons sal die antwoord met julle deel.

Lees ook: Het jy ’n fotografiese geheue? Net een persent van mense kan dié raaisel oplos!

Samuel is op Sondag 6 November om 1:39 vm. gebore en teen die tyd dat Ronan 31 minute later gebore is, was #DaylightSavingsTime verby vir die jaar en is die tyd ’n uur teruggeskuif; dus is Ronan amptelik om 1:10 vm. gebore.

via GIPHY

“Ek het vroeër die aand gesê hulle gaan óf op twee verskillende dae gebore word óf die tydsverandering gaan ’n rol speel,” het Seth, wat ’n lid van die berede polisie van die deelstaat Massachusetts is, gesê.

Volgens Deb Totten, kraamverpleegster by die Cape Cod-hospitaal, was dit die eerste keer dat sy so iets beleef het tydens haar meer as 40 jaar as verpleegster!

Kon jy die raaisel oplos?