Bradley Cooper sal nou alles moet doen om die meisies van hom weg te hou.

Dít nadat die Amerikaanse skindertydskrif, People, die Hangover-ster pas aangewys as die sexyste man van 2011.

Cooper was glo stomgeslaan toe hy die nuus ontvang het. “Wel, my ma sal baie bly wees,” het hy gesê.

Die 36-jarige akteur het voorheen met Renee Zellweger uitgegaan en is ook al aan die sy van Jennifer Lopez gesien.

Vorige wenners van die sexyste man-titel sluit in George Clooney, Brad Pitt en Tom Cruise.

-AP