Ward is op Woensdag 27 April in Bristol, Engeland, agt jaar opgelê vir die dood van sy seun.

Dit was na bewering nie die eerste keer dat Jordan aan die ontvangkant van sy pa se woede was nie; Ward het glo klappe uitgedeel wanneer Jordan nie wou ophou huil nie.

Maar op 12 Junie 2014 het Ward te ver gegaan. Die impak van sy woedeaanval op Jordan word gelykgestel aan ’n hoëspoedmotorfietsongeluk wat tot katastrofiese en onomkeerbare beserings tot gevolg sal lei. Toe Stephan besef daar is fout, het hy die nooddiens gebel, maar dit was helaas te laat vir klein Jordan. Tydens die oproep smeek hy vir ’n ambulans en sê aan die operateur sy baba “beweeg nie eintlik nie” en dat sy “asem weg is”.

Regter Popplewell het aan Ward gesê hy het Jordan so erg geskud dat sy skedel beseer is. Dokters wat Jordan ondersoek het, het ook melding gemaak van ander beserings wat hy vyf tot 15 dae vroeër opgedoen het.

Tydens ’n polisieondervraging moes ’n snuiwende Ward met ’n pop demonstreer wat daardie noodlottige dag gebeur het. Hy was heeltyd openlik daaroor dat hy iets met Jordan se dood te doen gehad het, maar het dit aan moontlike verstikking toegeskryf.

Jordan se ma, Paula Watts (22), het vroeër die huis verlaat nadat Ward gewelddadig geraak het met hul seun, maar sy het teruggekeer nadat Ward haar belowe het sy gedrag sal verbeter.

Bronne: thesun.co.uk, westerndailypress.co.uk, gloucestershireecho.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: AB de Villiers se vrou, Danielle, het ’n verborge talent en ons is gek daaroor!

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!

Kyk net wat vang dié vrou met haar werkgewer se sap aan!